Christus . Help . Ons . Met . Probleme:

Create your Site.

Welkom by die website, alles wat jy hier gaan lees en sien is iets spesiaal wat n groep jong mense van Suid Afrika beleef het op n Avontuur plaas in die Vrystaat oor n naweek! Geen name word genoem nie en alles wat hier staan kom net so van die groep se harte af want hulle elkeen het God kom soek en Hy het hulle gekies en gevind op die Kamp!

KAMP 7 TOT 9 MAART 2003:
WAT HET DINK JULLE GAAN JULLE VERWAGTINGE WEES VIR DIE KAMP:

Om meer te leer.

Meer geduld en verttroue in God.

Rustigheid, Geduld en selfvertroue.

Om te WEET die Here is by Ons.

Om my naweek te geniet en om meer te leer van God.

Meer geduld en Vrede.

Om beter mens te word en om myself en ander te leer ken.

Dat die Here ons sal beskerm.

Genoeg geduld, Selfbeheersing en nederiheid en selfvertroue.

Om Geestelik te groei.

Meer geduld en selfbeheersing.

Meer selfvertroue en liefde.

Geduld en selfvertroue.

Dat ons meer van die Here sal leer en mekaar meer life te he!

Meer vreugde en liefde teenoor mekaar.

Liefde aan jou naaste en God.

Om my stress te oorkom, meer van God te leer en met groot groepe kinders oor die weg te kom.

Om my medemens lief te he.

Geduld en vriendelikheid teenoor almal.

Om in myself te glo en meer geduld te he?

Om meer van God se Skepping te leer.

Meer te leer en te gaan vertel!

Om ander mense te aanvaar en meer geduld te he, om ander se behoeftes te sien en te respekteer.

Om n beter Vriend te word!

En ons gaan slaap 23h30 anders ry ons nie Saterdag perd nie.

ONS GEDIGGIES:

DIE GROOT VERASSING:
Niemand weet hoe die kamp sou wees, party is braaf en ander vrees. So onvoorspelbaar dis tog net nie waar! Ons weet nooit wat om te verwag maar hier is ons weg met n groot slag oppad na dit wat vir ons wag. Moolmanshoek die plek waar jy vir Jesus kan gaan soek, kyk net na die natuur so pragtig. God se skepping so magtig! Ons swem en baljaar, kry koud maar daars geen fout. Die kos smaak heerlik ek belowe ek is nou eerlik. Die kamp is vol vreugde en blydskap en jy ontdek n nuwe vriendskap. Dis lekker om in groepe te werk want dit maak mens sommer baie sterk, al word ons moeg help ons mekaar om nie te sloeg. Ek doen n versoek kom ons kom weer na Moolmanshoek, dis die plek waar , om vir Jesus te soek!

GEDIGGIE:
Dis amper vertrek tyd oor n paar ure strek tyd. Dis ure en ure vir lange, lange dure. Uiteindelik hier, kan nie wag wat nou gaan gebeur nie. Maar als is n verrassing, more is nog n dag mens, word daar gese! Vanaand ek kan nie slaap nie moet maar tot die volgende dag le. N nuwe dag breuk aan wat is volgende word gevra. Maar al wat ons kan uitkry is? Dat dit n verassing is!

DIE KAMP:
Almal praat, gesels en maak grappies ons het begin om van die dorp na die kampplek te kom. Ek was stil terwyl die ander gesels. Ek het gewonder wat als gaan gebeur. Dit was baie snaaks gewees. Maar toe ons hier aankom was ek nie stil en het probeur. My gedagtes te oorkom deur vir dit weg te hardloop. Ek het my besig gehou. Met als, gaan rondkyk om en in verskillende plekke. Ek het ook interesante goed ontdek. Wat almal seker gedink het ek is snaaks. Maar die aand kon ek nie slaap nie. Want ek kan nie wag vir die volgende dag nie.

KERKKAMP:
Ek le hier tussen die berge, hoe ek hier kom sal ek jou vertel. Vrydag oggend vroeg, toe vertrek ons na die berge. Ons seuns het gaan stap. Die meisies en ander speel krieket, maar van die groot oens weet ons min. Ons het laat gaan slaap, al was somige baie moeg. Saterdag oggend vroeg. Sou jy ons net op die berge kon kry. Toe ons afkom wag daar n fees onbuit vir n koning en self n krimmel vir n muis. Na dit wag die speeletjies wat ons deurmekaar maak. Daardie middag gaan ons boomstaan vir n hele paar uur en daarna kom ons spring in die koue water van die dam. Dit was so ver lekker, maar ons wag nog vir die deel wat ons opgewonde gaan raak, en nie kan wag om te begin. Ons het so lekker gesing en Bybel gelees dat my hart sommer vinniger klop en sommer uitbars van blydskap.

MOOLMANSHOEK:
Moolmanshoek beteken vir my amper iets soos, die vrugte van die gess en dit het ook n groot rol gespeel. 10h00 vetrek en uitgesien. Na n naweek vol gelag gespeel en sommer net meer vriende te maak. Almal uit hulle kas toe ons op daag in Moolmanshoek ons het almal iets geleer uit die ervaring om vriende te vertrou en nie hoef afte kraak nie.Elke mens is uniek en niemand kan jou verander nie jy kan net jouself verander. Deursettings vermoe het almal geleer om te kry al was dit deur van die stomp gebruik te maak so ook selfvertroue en geduld. Spanwerk het ook n groot rol te speel in elkeen se wereld vanaf werk tot rus. Dit was wonderlik tot dusver uitputtend maar elkeen van ons geniet dit en sal aan die einde van die kamp kan verstaan hoekom ons as Spanmaat maar ook as vriende hier kan weggaan. Ek Geniet Elke oomblik Van Dit.

MOOLMANSHOEK:
Jesus se kruis, die kruis se dwars balk maak n hoek en so koppel ek dit aan die hoek van Moolmanshoek. O so uniek is die Hoek van God se Skepping die hier van die Nelle!

MOOLMANSHOEK:
Die mens het n groot voordeel tot waar die Here sal kom om te oordeel. Moolmanshoek, dis soos n storie uit n boek! O, so wonderlik,is al Sy Skeppingsdade. Die berge se rotes, natuur se stilte, blomme se sade. Wat soek mens nou meer? Ek sal hienatoe kom, weer en weer. Dit is rus vir my gemoed. Die wat sondig sal Hy eendag beboet.Halleluja, prys die koning van alle konings! Die koeie se gebalk, voorspel net geduld! Die sing van n lied, mag julle dit geniet.

MOOLMANSHOEK:
Op die pad was dit eers baie plat! Ons het gery sonder om eenkeer te vry! Ons het nie geweet wat om te verwag maar was verbaas van die plek se prag. Vriende was daar baie. Dit was lekker om te hoor wat is almal se naam, ens.








UPDATED: 11 MAART 2003 06H54